Hi Mieke
Baie dankie vir jou vraag en bewerking! Dit is amazing hoe baie van hierdie bewerkings jy in jou kop gedoen het! (ek kan dit glad nie doen nie (",)).
Ek verstaan dat hierdie net vir oefening was, maar dis dalk 'n goeie idee om al jou bewerkings te begin neerskryf en definitief die formules wat jy gebruik - dit maak die merkwerk vir jou onderwyser makliker en ek dink jy sou dan self jou fout agtergekom het - probeer dit bietjie en laat weet my hoe dit gaan?
Hierdie is natuurlik 'n rekenkundige reekse som met 'random' terme - jy kan
hier click as jy weer die video wil kyk.
Hier is my memo:
Eers maak ons inligtingslysies en vervang die waardes in die twee formules in:
Nou doen ons gelyktydige vergelykings met die twee klein vergelykings wat ons uitgewerk het.
Nou het ons als wat ons nodig het om 'n algemene vergelyking vir die rekenkunige ry uit te werk en van daar af die 16de term.
Ek dink, as jy heel in die begin jou formule geskryf het en nie die '12' skryffout gemaak het nie, dat jy die som sou reggekry het - dit lyk of jy weet wat jy doen. (",)
Verkies jy die eliminasie metode bo substiusie om die gelyktydige oplossings te doen? Jy kan
hier click as jy na al die metodes wil kyk.
Laat weet my asb as enige iets onduidelik is!
M