Hi!

Ek is Marna en ek is so bly om jou hier raak te loop!

Die MentorProgram se missie is om die wêreld te wys: WISKUNDE IS MAKLIK!

Ek weet jy dink ek jok vir jou of dalk dat ek van my sinne beroof is...maar...wiskunde is net moeilik as jy dit nog nie verstaan nie en jy verstaan dit nie, want niemand het dit nog ordentelik en eenvoudig vir jou verduidelik nie.

Vir die MentorProgram het ek die hele hoërskool leerplan in 'n 1000 klein video'tjies opgebreek - alles word van scratch af vir jou verduidelik en ek neem aan dat jy nog niks weet nie WANT hoeveel keer het dit al met jou gebeur dat jou onderwyser vir jou sê: 

"Jy het laasjaar al met funksies gewerk, so ek neem aan jy ken en onthou alles wat jy reeds moet weet - vandag begin ons met nuwe werk"?!

Niemand onthou dit ooit nie en jy kan nie die mure van 'n huis bou as jou fondasie nog nat (of missing?!) is nie, so laat ek jou asb help om alles te onthou. (Click hier om jouself gratis te regsitreer en gaan kyk dan by die RECAP videos - dis gratis!)

Dis ook belangrik om veilig genoeg te voel om AL jou vrae te vra - en hier kan jy dit doen.

ONTHOU daar bestaan nie so iets soos 'n simpel vraag nie!

Stuur vir my 'n Whatsapp na 076 648 9407 of gebruik die knoppie hieronder

Whatsapp knoppie om vir my 'n boodskap te stuur