Jinne Zhanmari, hierdie is 'n insane som!
Dis een van daardie somme wat min mense die eerste keer, op hulle eie, sal regkry, maar as jy dit net eers gesien het, dan sal jy ander, soortgelyke, somme vinnig herken en kan doen.
In die eenvoudigste vorm is hierdie 'n graad 8
verdeling-met-verhoudings som, maar voor jy daarby kan uitkom sal jy eers die woordsom in
wiskunde-taal moet gaan oorskryf. Die som word dan 'n kwadratiese vergelyking waarmee jy
vierkantsvoltooiing (of differensiasie in graad 12) gaan doen om die 'minimum' uit te werk...kyk dalk die drie videos en probeer die som nou self doen.
Eers skryf ons die som in wiskunde-taal oor...