Finansies bestaan uit twee hoof afdelings:

  1. Finansies met verhoudings. 
    Hierdie is somme oor wisselkoers, koop, verkoop, wins en verlies en ons gebruik 'n tabel en verhoudings (breuke) somme om 'n onbekende op te los.
    As jy woordsomme onder vergelykings al gedoen het, behoort hierdie werk vir jou bekend te lyk.
    Dit vorm gewoonlik deel van die graad 8 & 9 leerplanne.

  2. Finansies met formules
    Hierdie somme doen ons van graad 8 af en word elke jaar so klein bietjie meer gekompliseerd, maar selde moeiliker.
    In graad 8-10 kyk na die enkelvoudige en saamgestelde rente formules; die enkelvoudige rente formule gebruik ons vir huurkoop somme en die saamgestelde rente formule ook vir probleme oor populasie groei. In graad 11 voeg ons reglynige en verminderde saldo waardevermindering by en in graad 12 kyk ons na spaar (future value) en leen (present value) somme waar ons maandelikse paaiemente betaal.