Daar is drie maniere om die MentorProgram se videos te kyk:

GRATIS REGISTRASIE gee vir jou toegang tot al die RECAP videos wat die hele jaar se werk vinnig hersien - awesome om aan die begin van die jaar of net voor toetse te kyk - jy kry ook gratis toegang tot die WAARSKYNLIKHEID en ANALITIESE MEETKUNDE videos - probeer dit en kyk of dit vir jou werk.

JAAR-VIR-JAAR gee vir jou toegang tot die HELE WEBSITE vir 'n periode van EEN JAAR. Daarna kan jy jou inskrywing vir die volgende jaar hernu om weer tot alles toegang te kry. Op hierdie wyse kos al die modules saam R600 vir die jaar.

KOOP-SOOS-JY-GAAN gee vir jou een vir een toegang tot elke module/afdeling - jy koop dit soos jy dit nodig kry. Op hierdie wyse kos die modules jou R50-R70 elk en jy kry LEEFTYD toegang daartoe.

As jy die koop-soos-jy-gaan opsie verkies moet jy verstaan hoe wiskunde (en hierdie website) aanmekaar gesit is:
Vraestel 1 bestaan uit  5 afdelings en die afdelings bestaan weer uit modules

  • Die Algebra&Vergelykings afdeling gee vir jou toegang tot die algebraiese uitdrukkings, Eksponente, Getallestelsels, Verhoudings, Vierkantsvoltooiing en aard van die wortels, Wortels & Vergelykings modules.
  • Die Funksies afdeling gee vir jou toegang tot die hele funksies module (reguitlyn, parabool, hiperbool, eksponensiaal funksie en log funksie)
  • Die Finansies afdeling gee vir jou toegang tot die hele finansies module
  • Die Getalpatrone afdeling gee vir jou toegang tot die  hele getalpatrone module
  • Die Waarskynlikheid afdeling  gee vir jou toegang tot die  hele waarskynlikhede module
  • Die Differensiasie afdeling gee  vir jou toegang tot die hele differensiasie module

Vraestel 2 bestaan ook uit 5 afdelings

  • Die Analitiese Meetkunde afdeling gee vir jou toegang tot die hele analitiese meetkunde module.
  • Die Euklidiese Meetkunde afdeling gee vir jou toegang tot die hele euklidiese meetkunde module.
  • Die Datahantering afdeling gee vir jou toegang tot die hele datahantering module.
  • Die Trigonometrie afdeling gee vir jou toegang tot die hele trig module.
  • Die Meting afdeling gee vir jou toegang tot die hele meting module.

Jy kan die Algebra&Vergelyking afdeling as 'n bondel koop óf jy kan die modules daarbinne een vir een koop - dis jou keuse!

Elke module bevat die HELE hoërskool leerplan, so jy kyk die videos tot waar jy dit nodig het en los dan die res vir volgende jaar.

As enige iets onseker is, stuur asb vir my 'n Whatsapp

Whatsapp knoppie om vir my 'n boodskap te stuur