Die ‘Elektrisiteit’ afdeling bestaan uit 3 modules, waarvan elektrostatika en elektromagnetisme die maklikste is.

Die elektrostatika en elektromagnetisme modules is baie eenvoudig, in die sin dat, as jy eers alles weet en verstaan kan hulle nie die vrae moeilik maak nie. So maak seker jy verstaan dit baie goed – dis pasella punte in die vraestelle! (Elektrostatika word NETSO na graad 12 oorgedra, so jy is sommer besig met ‘n gedeelte van jou matriek fisika eind-eksamen se werk.)

Stroombane is ‘n ander karakter en jy gaan dalk effens meer tyd daaraan moet spaandeer – dit word ook netso na graad 12 oorgedra. Stroombane self is regtig maklik as jy net eers die deurmekaarspul met die teorie uitsorteer – gaan loer dalk weer na die graad 10 werk as jy moet.

Hierdie afdeling se drie modules is:

  • 11FW1.7 (Elektrostatika)
  • 11FW1.8 (Elektromagnetisme)                           
  • 11FW1.9 (Stroombane)