Die eerste vier modules van graad 11 fisika vorm saam ‘n eenheid (Meganika) en as jy hulle mooi in volgorde gaan deurwerk gaan jy sien hierdie werk is SOOOOO maklik!!!

Dit gebeur ongelukkig (gewoonlik, in meeste klasse) dat hierdie werk deurmekaar en agterstevoor aangebied word en dan is dit baie maklik om te dink dis vrek moeilik en jy gaan dit nooit regkry nie.
Hierdie is een van die heel lekkerste fisika onderwerpe vir my, want as jy eers die basics onder die knie het kan hulle die somme so moeilik as moontlik maak (selfs Universiteitsvlak vrae!) en jy gaan dit elke keer regkry….VOLG NET DIE STAPPE!

“VOLG NET DIE STAPPE!” is seker die woorde wat ek die meeste in my klasse gebruik het (“,) en daar is maar altyd party mense (ek ingesluit) wat hardkoppig probeer om hulle eie manier uit te figure…en gewoonlik sal ek jou aanmoedig om dit te doen…maar hierdie afdeling is so groot en julle werk so vinnig by die skool, dat dit regtig makliker is om net my stappe te leer en dit te volg.

Hierdie afdeling bestaan uit 4 modules en volg op mekaar, so werk in volgorde deur hulle, anders gaan van die goed vir jou soos Grieks klink.

  • 11FW1.1 (Inleiding tot meganika)
  • 11FW1.2 (Newton se ewewig somme)                           
  • 11FW1.3 (Newton se NIE- ewewig somme)                       
  • 11FW1.4 (Newton se wette)