Help-my-verstaan REGISTRASIE

Help-my-verstaan REGISTRASIE

Tap for gallery

R200.00


Product Information
Specification

Wiskunde en wetenskap graad 10-12

Die MENTORPROGRAM website het videos wat al die werk verduidelik – dis presies hoe ek dit al die jare in my klasse verduidelik het. Saam met die videos is dan die oefenprogramme (met volledige memos) wat jy dan kan gebruik om seker te maak jy verstaan die werk of jy kan dit voor ‘n toets te gebruik om daarvoor voor te berei. Daar is baie plekke waar jy vir my vrae kan vra – as iets in die video/oefeninge nie vir jou sin maak nie of as jy ‘n som by die skool kry waarmee jy sukkel kan jy dit ook vra.

Die videos gebruik Adobe flashplayer om te speel – as jy youtube videos op sy foon/rekenaar kan kyk sal jy my videos ook kan kyk. Jy sal data nodig hê om die videos te kyk, dit kan ongelukkig nie gedownload word nie, maar ek kan julle ‘n idee gee van hoeveel data jy per module gaan nodig hê, indien dit vir julle ‘n faktor is.

 

Ek is nog besig om die website finaal aan mekaar te sit, so alles is nog daar nie, maar as jy my laat weet wat jy wil he dan sit ek dit voor in die ry van goed wat gedoen moet word.

 

In terme van betaling is daar ‘n eenmalige registrasie fooi van R200.

Ek het die sillabusse in modules opgebreek en daarvoor betaal jy wat jy kan. Ek stel R250 per module voor, maar as julle bv net R100 kan bekostig dan betaal julle net R100.

Ek wil hê die werk moet vir almal toeganklik wees en wil nie hê finansies moet in die pad staan van ‘n kind se vermoeë om goed te doen nie. Dit gesê werk ek die laaste tien jaar al aan die leermateriaal, en die laaste vyf jaar aan die videos, so spandeer vanselfsprekend baie tyd en moeite daaraan – daarom die midde weg van : betaal wat jy kan.

As jy eers wil sien of dit vir jou gaan werk kan jy vir my jou naam en email adres stuur dan registreer ek jou solank – dit sal vir jou 7 dae se toegang tot die website gee. (Betaal dan die R200 as julle sien jy kan dit gebruik)

Product Code HMVREG
Condition New

Customer Reviews

This product hasn't been reviewed yet.

Write a review

Write Review

Verify you are a human

Please enter a valid email address.
This field is required.
Top

eCommerce by CubeCart