Help-my-verstaan Graad 12 Chemie BONDEL

  • Click to enlarge
Help-my-verstaan Graad 12 Chemie BONDEL

Tap to enlarge

R0.00


Product Information
Specification
Matrieks, daar is so baie van julle wat gevra het of julle kan toegang kry tot my videos (maak nie saak in watter toestand hulle is nie)...dit klink of chemie julle hierdie jaar erg vang?!
...SO...
ek het besluit om als wat ek het op moodle te 'dump' en omdat ek dalk nie betyds als gaan kan oplaai nie, en omdat die oefeninge nie daar is nie, en omdat ek dit nie als kan double-check voor ek dit oplaai nie...
...het ek besluit...
(",) om dit verniet vir julle te gee tot tyd en wyl ek by als kan uitkom.

As jy nie gemaklik voel om dit verniet te gebruik nie OF as jy voel dit help jou SUPER baie, kan jy 'n inbetaling in my rekening maak - it's up to you.

Die videos word op Amazon ge'host' en ek betaal 'n klein bedrag elke keer as 'n video gekyk word.

C op die 'Add to cart' - volg die instruksies tot jy by 'check out' kom. Sodra ek jou inligting gekry het sal ek vir jou 'n username en password vir die website stuur, sodat jy kan begin kyk. (net 'n headsup - die sure&basisse en elektrochemie wat reeds opgelaai is, is reeds oor die 2ure se videos, so moenie dit los vir die dag voor die tyd nie!)

Jy sal dalk ook belangstel in die Help-my-Onthou boek wat 'n opsomming van al die videos is...check dit uit (dis in Engels & Afrikaans beskikbaar en is gemik op CAPS, maar IBE kan ook daarby baatvind).

Laaste bietjie liefde:
* rekord eksamen is brutal - wees reg daarvoor, maar besef ook dat hierdie punte in die groter prentjie nie saak maak nie. Dit tel 'n gedeelte van 25% van jou jaarpunt en as jy eindeksamen 10% beter as jou jaarpunt doen, dan kyk hulle nie eers na daardie 25% nie.
* Kyk die videos en begin dan ou vraestelle uitwerk (soveel jy kan)
* Sien die rekord eksamen as voorbereiding vir die eind eksamen (want dis wat dit is) - doen soveel jy kan en GAAN DRINK 'N MILKSHAKE na die tyd en HUIL as jy voel jy wil huil - dis goed om van die stress ontslae te raak.
* Elke bietjie wat jy nou doen help dat jy reg is vir eind eksamen - daar is nog genoeg tyd! Probeer ontspan, jy sal hierdie oorleef!
* As jy ingelog het, is daar baie plek waar jy vir my vrae kan vra - ek help jou so vinnig en soveel kan kan.

STERKTE! Ek dink so bitter baie aan julle!

Marna
Product Code HMV12FW2.0
Condition New

Customer Reviews

This product hasn't been reviewed yet.

Write a review

Write Review

Verify you are a human

Please enter a valid email address.
This field is required.
Top

eCommerce by CubeCart