MentorProgram
Wiskunde & Wetenskap, maklik gemaak!

Ons missie

Ons missie is om vir Suid-Afrikaanse leerders te wys hoe MAKLIK wiskunde & wetenskap kan wees!

Deur die 'online' ekstra klasse kan leerders ervaar hoe maklik, moeilike konsepte, kan word wanneer dit stap-vir-stap en in eenvoudige terme verduidelik word. ALS wat jy nodig het om te weet word vir jou vertel - daar is nie "jy weet mos als wat jy laasjaar geleer het nie" want niemand onthou dit ooit is! 

Marna hou jou hand vas sover soos wat jy nuwe konsepte leer en wanneer jy reg is, pak jy die oefenprogramme aan, sodat jy self kan sien dat jy dit nou op jou eie kan doen.

Vir die eksamens, wanneer jy blitsig wil onthou wat jy reeds weet, is die Help-my-onthou boeke daar om jou vinnig te herinner van als wat jy nou self kan doen.