MentorProgram
Wiskunde & Wetenskap, maklik gemaak!

Wat is die MentorProgram?

Die MentorProgram is 'n online/offline program wat Suid-Afrikaanse leerders die geleentheid bied om te ervaar hoe MAKLIK wiskunde & wetenskap eintlik kan wees.

Die 'online' gedeelte bestaan uit ekstra klasse wat via video oorgedra word - dit is 24/7 beskikbaar en dit verduidelik elke stukkie van die werk van 'scratch' af, so selfs ma's & pa's (en almal wat regtig heeltemal verlore is) sal kan verstaan wat verduidelik word. Oefenprogramme (met memos) help jou om die werk in te oefen - stukkie vir stukkie, sodat jy kan sien hoe jou kennis op mekaar bou.

Die 'offline' gedeelte bestaan uit die Help-my-onthou opsommingsboeke wat 'n handige samestelling van die hele jaar se werk is - dit bevat al die teorie en definisies en stappe vir elke tipe som wat jy kan verwag, natuurlik met voorbeelde om die toepassing van die stappe te wys.

Lede

Lidmaatskap tot die 'online' MentorProgram is gratis en jy kan die modules koop soos wat jy dit nodig het - ons is besig om die laaste 'finising touches' aan die 'online' gedeelte aan te bring - click hier as jy wil weet wanneer ons gereed is om lede te aanvaar